Hendrik III van Engeland

Hendrik III
Koning van Engeland

Huis Angevyne
Regeer 18 Oktober 121616 November 1272
Voorganger Jan
Opvolger Richard I
Eggenote Eleonora van Provence
Kinders Eduard I
Margaret, koningin van Skotland
Beatrice
Edmund
Katherine
Gebore 1 Oktober 1207; Hampshire
Oorlede 16 November 1272; Westminster, Londen
Vader Jan
Moeder Isabella van Angoulême

Hendrik III (1 Oktober 1207 – 16 November 1272) was die seun en opvolger van koning Jan en het 56 jaar lank regeer, van 1216 tot met sy dood. Hy was in sy tyd bekend as Hendrik van Winchester. Hy was die eerste kind wat koning van Engeland geword het sedert Ethelred II.

Engeland het floreer tydens sy bewind en sy grootste oomblik was Westminster, wat hy die setel van sy regering gemaak het. Hy was die eerste van net vyf Britse monarge wat langer as 50 jaar regeer het. Die ander is Eduard III (1327–1377), George III (1760–1820), Victoria (1837–1901) en Elizabeth II (1952-tans).

Hy het die kroon bestyg onder voogdyskap van die gewilde William Marshal, 1ste Graaf van Pembroke, maar die Engeland wat hy geërf het, het verskeie veranderings ondergaan tydens die bewind van sy vader. Hy het ’n groot deel van sy tyd bestee aan ’n stryd met die baronne oor die Magna Carta[1][2][3][4] en koninklike mag, en hy is eindelik gedwing om die eerste parlement van Engeland in 1264 byeen te roep. Hy het ook misluk op die Europese vasteland, waar hy prbeer het om Engelse gesag te hervestig oor Normandië, Anjou en Akwitanië.

  1. Henry III Geargiveer 5 Augustus 2011 op Wayback Machine, Treasures in full: Magna Carta, Britse Biblioteek
  2. Henry III (r. 1216–1272), Official website of the British Monarchy
  3. Die Magna Carta en die stigting van Engeland se parlement[dooie skakel], HyperHistory.net
  4. Biografie, Medieval Life and Times

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search